Maroela-onderhoude

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editora: Podcast
  • Duração: 35:47:13
  • Mais informações

Informações:

Sinopse

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.

Episódios

  • Passievolle ‘wildewragtig’ Reandi stap plaaspad saam met boere

    08/08/2025 Duração: 18min

    “Jy is so uitgelewer aan die natuur en die Here se genade, so jy as boervrou moet besef dat daar nie altyd roetine gaan wees nie en dat daar moeilike seisoene is wat jy saam met jou eggenoot sal moet trotseer.” Maroela Media

  • 'Jy kán’ sê Prop met LIG-konsert vir gestremdes

    04/08/2025 Duração: 09min

    Hy wil vir mense wat daagliks weens gestremdhede voor unieke uitdagings te staan kom, wys dat hulle dit kán oorkom. Maroela Media

  • Carletonville-sinkgatramp 61 jaar later onthou

    01/08/2025 Duração: 27min

    Carletonville-sinkgatramp 61 jaar later onthou. Maroela Media

  • Zoé spreek tot jong vroue met treffersnit

    01/08/2025 Duração: 06min

    Uittreksel: “Ek het glad nie die reaksie verwag nie, maar dit is duidelik dat vroue, oud en jonk, by die lirieke aanklank vind. Ek dink dit is ʼn liedjie wat vroue raakgesien laat voel.” Maroela Media

  • Liefde, genesing ná fratsongeluk inspireer Heidi se musiek

    31/07/2025 Duração: 07min

    “Ek lewe elke dag voluit, bid vir wysheid, insig en krag om ʼn mooier mens van binne en buite te wees, om gesonder te leef en om daar te wees vir my kinders.” Maroela Media

  • Musiekgroep raak kreatief met KI

    30/07/2025 Duração: 09min

    “Dit sou maande en miljoene rande gekos het, nou het ons dit self binne twee dae geskep.” Maroela Media

  • Slim kosplanne vir kleuterskole op ʼn begroting

    30/07/2025 Duração: 12min

    Minder suiker, meer kleur en minder vermorsing begin alles met ʼn lysie en ʼn plan. Helpende Hand se span bemagtig kleuterskole met praktiese raad en hulp. Maroela Media

  • Landbouprogram wys fut van ywerige plattelanders

    28/07/2025 Duração: 14min

    Chris Burgess en sy span vertel stories van mense wat oplossings vir probleme in hul buurte en gemeenskappe aanpak. Maroela Media

  • Roerende Afrika-fliek is Embeth Davidtz se ode aan Afrika

    27/07/2025 Duração: 09min

    “Ek het self op ʼn plaas grootgeword. Zimbabwe gaan altyd anders as Suid-Afrika wees. Maar ek het geweet ek sou die storie kan vertel. My tyd in Suid-Afrika het die fliek ten volle beïnvloed.” Maroela Media

  • Oranjerooi sonsak inspireer musiekgroep se egte klank

    24/07/2025 Duração: 14min

    “Ek kan onthou ná ʼn dag wat ons musiek in Potchefstroom opgeneem het, het die son net so begin sak. As daar nou een ding is van Potch, dan is dit sy mooi sonsondergange.” Maroela Media

  • Wanvoeding kan ʼn kind se brein, hart én toekoms steel

    23/07/2025 Duração: 10min

    Maroela Media het met dr. Marita Serfontein, ʼn geregistreerde dieetkundige, en Danelle du Plessis, koördineerder van Helpend Hand se Kosblikkie-projek, gesels oor die tekens van wanvoeding. Dr. Marita het verduidelik ʼn tekort aan yster, vitamien A en B12 is sigbaar op die tong, vel en oë van ʼn kind, maar die ware skade lê dieper. Sy en Danelle het ook vertel wat gedoen kan word om kinders te help. Kom luister na die volledige onderhoud boaan die berig. Maroela Media

  • Jong groep Nikotien vind voete op Afrikaanse rockmusiektoneel

    17/07/2025 Duração: 10min

    Die groep, wat tussen hulle “meer grade as lede” het, het ontmoet as studente aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Maroela Media

  • Helpende Hand voed hoop, drome met Kosblikkie-projek

    16/07/2025 Duração: 07min

    Honger kinders sukkel om te leer, maar Solidariteit Helpende Hand wil dit verander, een kosblikkie op ʼn slag. Kom luister hoe ʼn eenvoudige kosblikkie ʼn kind se lewe kan verander. Maroela Media

  • Pitt-sjarme in supersoniese renjaerfliek sal spoedvrate sus

    11/07/2025 Duração: 02min

    Een van die beste renjaerrolprente ooit. Maroela Media

  • Nuwe horisonne wink vir Vrystaatse sanger Rudo

    08/07/2025 Duração: 07min

    “Die liedjie vat ʼn baie groot deel van my lewe saam. My vrou kom van Pretoria af, en nadat ek ʼn paar keer vir haar gaan kuier het, het ek vir haar gesê dat ek nie in die stad aard nie; sy moet haar tasse vir Clarens pak.” Maroela Media

  • Uitdagende Vryfees-toneelstuk werp lig op mensehandel

    03/07/2025 Duração: 14min

    “Met goed soos Joshlin Smith se saak het die kwessie rondom mensehandel vir baie mense ʼn realiteit begin word, en ons het besluit ons gaan in die diep kant induik en die tema uiteindelik takel.” Maroela Media

  • Snit kry ‘nuwe wiele’ vir Afrikaans 100

    03/07/2025 Duração: 08min

    “Ek wou nooit in Afrikaans skryf nie, want ek was bang om die taal aan te vat. Al is dit my moedertaal, moes ek leer hoe om daarin te skryf en ek moes oefen, want om te kan sing en skryf is vaardighede wat jy kan verbeter.” Maroela Media

  • Vry om ander te bevry: Verslawingsberader ken pad van pyn

    27/06/2025 Duração: 08min

    “Jou getuienis bewys aan ander dat jy dieselfde dinge oorkom het wat hulle gevange hou, en juis dít maak dit vir hulle makliker om dit ook te oorkom.” Maroela Media

  • ‘Tyd vir dieper dinge,’ sê gewilde kletsrymer oor musiek

    26/06/2025 Duração: 11min

    “Ek wil musiek maak wat mense veilig genoeg laat voel om ná ʼn optrede na my toe te kom en te sê dat hulle deur iets gaan. Dan sal ek sê: ‘Oukei, kom ons chat’.” Maroela Media

  • Vaderskap breek nuwe wêreld vir Refentse oop

    20/06/2025 Duração: 09min

    Die dag wat Refentse pa geword het, het sy hele lewe verander. Maroela Media

página 1 de 8